Drome van ’n onafhanklike Kaap stuur af op botsing met die werklikheid

NOSTALGIE OOR ’N ‘IDEALE’ VERLEDE

Drome van ’n onafhanklike Kaap stuur af op botsing met die werklikheid

Selfs al veroorloof ons mense hul aansprake op ’n afgestigte Kaap, en bekyk dit in die konteks van internasionale reg en verhoudings, moet ons sekere onderliggende aspekte blootlê – en dis nie ’n mooi gesig nie, sê ISMAIL LAGARDIEN.

DIE beweging vir ’n “onafhanklike Kaap” bied ’n wonderlike geleentheid om ’n bepaalde les oor te dra. Dit is ook ’n goeie voorbeeld van ’n groep mense wat nogal onverantwoordelik met andersins wettige prosesse omgaan wat ’n mens in normale omstandighede waardig genoeg sou ag om ernstig op te neem. Ons sou gevolglik dan ook motiewe of doelwitte wat in beleefde aansprake van selfbeskikking of vrye wil voorgehou word, ignoreer.

Dit is maklik, te minste vir my, om die afskeidingsgesinde beweging as ’n Superman-tipe bevlieging af te maak, maar dit is ook noodsaaklik om ondubbelsinnig na die idee en werklikheid van afstigting te kyk. Die Superman-bevlieging verwys na die oomblik in die eerste Superman-fliek waar die held ’n geliefde verloor en besluit om teen supersoniese spoed om die aarde te vlieg, téén die natuurlike rotasie van die aardbol, in ’n poging om die wêreld terug te neem na ’n tyd voordat sy geliefde gesterf het ...

Reguit gestel stuur die Kaapse onafhanklikheidsbeweging af op ’n botsing met die werklikheid. Hierdie mymerings en dagdromery is weinig meer as nostalgie oor ’n ideale verlede toe beheer eenvoudig was en toe dit toelaatbaar was om te dissiplineer en straf op grond van vreemde oortuigings wat aan plaaslike of inheemse mense opgelê is...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.