Diep dinge wag op die helse pad van Pearl Harbor tot Botswana

WAAROOR WILLEM WONDER

Diep dinge wag op die helse pad van Pearl Harbor tot Botswana

Wanneer die Hysbak van die Lewe se deure by die grondverdieping oopgaan, moet mens jou ore spits vir die klaagliedere van die gedoemdes, verneem WILLEM KEMPEN.

AL ooit gewonder waar jy sou uitkom as jy 'n skag in jou agterplaas kon sink wat regdeur die kern van die aardbol tot aan die ander kant strek? Jy kan natuurlik op 'n skaalmodel-aardbol gaan kyk, of op 'n webwerf soos  www.antipodesmap.com, (https://www.antipodesmap.com/) maar maak nie saak waar jy begin nie, die antwoord is omtrent altyd dieselfde: iewers in die see. Want die oseane bedek meer as 70% van die aardbol se oppervlakte.

As jy byvoorbeeld dink Kimberley is 'n goeie plek om te begin grawe, sal jy sien die Stad van die Groot Gat se antipode is iewers noord van Hawaii in die Stille Oseaan. Die interessantste een wat ek gevind het, is dat die antipode van Pearl Harbor iewers in die noordweste van Botswana naby die grens met Namibië is. Klein ou wêreldjie, soos hulle sê.

Gegewe dat daar geen beter motivering is om heeltyd dieper en dieper te wil boor en grawe as die belofte van goud en diamante nie, is dit nie toevallig nie dat ses van die wêreld se tien diepste werkende myne volgens hierdie lys (https://www.mining-technology.com/analysis/feature-top-ten-deepest-mines-world-south-africa/) in Suid-Afrika is. En die drie diepstes is almal goudmyne naby Carletonville aan die Wes-Rand...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.