Hoe bekommerd moet ons wees oor aappokke?

TER VERDUIDELIKING

Hoe bekommerd moet ons wees oor aappokke?

Moet nog nie begin toiletpapier koop en pynappelbier brou nie. Hoewel aappokke geen grap is nie, meen kenners dis heelwat makliker om jouself daarteen te beveilig as teen Covid-19.

HOEWEL daar groot kommer is oor die groeiende getal aangemelde gevalle van aappokke in Europa en elders, het die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) Maandag gesê daar is nog nie 'n geval in Suid-Afrika aangemeld nie. 

Tot dusver is 140 gevalle in 15 lande aangemeld, waaronder die VSA, Australië, België, Kanada, Frankryk, Duitsland, Italië, Israel, Nederland, Portugal en Spanje. Engeland het Maandag gesê sy gevalle het skielik byna verdriedubbel van 20 na 56.

“Hoewel aappokke, wat verwant is aan pokke [wat uitgeroei is], sporadies klein uitbrekings veroorsaak, is die oordrag daarvan ondoeltreffend omdat nabye kontak nodig is. Die huidige uitbreking sal waarskynlik nie vorder tot ’n globale noodgeval nie,” het die instituut gesê...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.