TikTok, Sinofuturisme en die siel van Chinese innovasie

SINOVASIE EN 晕

TikTok, Sinofuturisme en die siel van Chinese innovasie

Die verbete mededinging onder Chinese teg-ondernemings vertel ook iets van 'n samelewing wat die aanleer van nuwe kennis as kritiek vir oorlewing beskou, skryf CHARL ALBERTYN.

  • 25 Mei 2022
  • Nuus & Politiek
  • 6 min om te lees
  • artikel 5 van 9
  • Charl Albertyn

“HULLE het in die ou dae dooies in lakens toegedraai en hier kom begrawe,” sê die DiDi-bestuurder vir my in ’n kenmerkende Beijing-aksent; “buiten dit was daar haas niks in Changping toe ek ’n kind was nie.”

Dit was in 2016, die jaar toe Uber China die wit vlag gehys het ná ’n duur wedywering met sy Chinese eweknie DiDi en deur laasgenoemde uitgekoop is. Ek en my DiDi-bestuurder was besig om die tyd te verwyl in ’n daaglikse verkeersknoop wat ’n mens tyd gegee het om Beijing se noordelike Changping-distrik deeglik te aanskou: metrostasies, blokke nuwe $500,000-woonstelletjies, arm migrantewerkers wat gebraaide patats op straat verkoop, Bulgari-reklameborde, en ’n paar kilometer suid, China se uitdaging van Silicon Valley.

Die distrik van Zhongguancun in Beijing is in die 1980's geoormerk as ’n staatsgeborgde geografiese sone vir die klassieke driemag van innovasie wat Boston en Silicon Valley goed gedien het: die staat, hoër onderrig en privaat nywerheid wat saamwerk om die nuutste tegnologie te ontwikkel. Maar waar die Amerikaanse driemag ongetwyfeld gelei is deur Amerikaanse nywerheid, het die staat dit in Zhongguancun gedoen...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.