EK het die webwerf slate.com se troostante, Prudence, ’n paar jaar gelede ontdek. Dit was allesbehalwe “Vra vir Liewe Elize”. Die vrou wat namens die Dear Prudence-persona lesers se vrae beantwoord het, was Mallory Ortberg, skrywer van onder meer die New York Times-blitsverkoper Texts from Jane Eyre, en medeskepper van die vermaaklike feministiese webwerf The Toast.
Haar raad was op die man af, sekuur en sekulêr, en soms het die briefskrywers self deurgeloop. Dit was voyeurisme uit die boonste rakke en ek het begin uitsien na Maandae en Donderdae wanneer nuwe aflewerings van Dear Prudence verskyn.
Laat in 2018 het Mallory Ortberg ’n gedaanteverwisseling ondergaan. Sy naam was nou Daniel M. Ortberg, sy raad net so vlymskerp soos altyd. Ek het Daniel op Twitter begin volg en op dié manier verneem dat hy aan die einde van 2019 met Grace Lavery getroud is en voortaan as Daniel M. Lavery bekend sou staan...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Wat om te doen as jy platsak is ná 60