Aftreegeld: Wat om te doen as jy platsak is ná 60

LEES WEER

Aftreegeld: Wat om te doen as jy platsak is ná 60

’n Boek oor finansiële beplanning laat ANNELIZE VISSER moed skep dat dit dalk tog nie te laat is om beter besluite oor geld te neem nie. Hierdie artikel het oorspronklik in ons uitgawe van 14 Mei 2021 verskyn.

LIEWE leser, ek is bly om die nuus met jou te deel dat my finansiële vooruitsigte sedert die afgelope Maandag heelwat rooskleuriger daar uitsien. Rooskleuriger in ieder geval as toe ek my meer as ’n jaar gelede asvaal geskrik het vir nuwe insae (https://www.vryeweekblad.com/ekonomie-en-geldsake/2020-03-05-waaat-hoeveel-s-jy-moet-ek-spaar-om-te-kan-aftree/) in aftreegeld deur navorsers aan die Universiteit Stellenbosch.

Hulle het met ’n formule (https://www.vryeweekblad.com/ekonomie-en-geldsake/2020-03-05-waaat-hoeveel-s-jy-moet-ek-spaar-om-te-kan-aftree/) vorendag gekom om te bereken presies hoeveel jy nou moet spaar om weldra op jou louere te kan rus. Die slegte nuus was dat ek bereid sou moes wees om voortaan maandeliks byna 80% van my salaris vir my oudag opsy te sit.

Ek het mettertyd van die skok herstel en my beleid ten opsigte van aftreegeld hervat, naamlik dat dit beter was om eerder nie daaraan te dink nie – tot ek presies 10 dae voor my 60ste verjaardag met Kim Potgieter gesels het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.