’n Veldskoen wat wêreldwyd spore trap

LEES WEER

’n Veldskoen wat wêreldwyd spore trap

Drie jaar terug was dit net ’n lawwe idee. Nou is die maatskappy wat drie eks-skoolmaats half as ’n grap begin het ’n gevallestudie vir MBA-studente en ’n onderneming met ’n internasionale voetspoor. ANNELIZE VISSER het in Julie 2019 gaan uitvind hoekom Hollywood-sterre – en prins Harry – deesdae veldskoene dra.

DIT klink soos die soort plan waarmee 'n mens laataand vorendag kom ná baie rooiwyn: Kom ons maak veldskoene, maar met bont sole, en verkoop hulle aanlyn. En die volgende oggend het almal kopseer en in die helder daglig lyk gisteraand se wyn-idees nie heeltemal so blink nie.

En dis min of meer hoe hierdie storie loop, behalwe dat daar nie rooiwyn betrokke is nie, en dat die idee vlamgevat en in minder as drie jaar tot 'n internasionale handelsmerk uitgebrei het.

Dit gebeur só: Dis laat Augustus 2016 en Nick Dreyer is in sy ou Land Rover op pad terug Kaap toe uit Plettenbergbaai. Sy beste vriend sedert hulle skooldae by Pretoria Boys High, Ross Zondagh, ry terselfdertyd in sy Ford-bakkie van een bouperseel na 'n ander: Hy besit 'n boumaatskappy in Kaapstad...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.