Jaypee Malherbe: Ma Grieta se legendariese seun

BYE MA, JAYPEE

Jaypee Malherbe: Ma Grieta se legendariese seun

Onthou jy Jaypee Malherbe se briewe aan sy ma? Die bekende haarkapper wat nou in Robertson woon, vertel sy storie aan sy agter-agterkleinniggie ANNELIZE VISSER – ’n uitsonderlike verhaal met kameeverskynings deur Liza Minnelli en Brigitte Bardot wat op 7 Augustus 2020 in Vrye Weekblad verskyn het.

DIS Saterdag 25 Januarie 2002, die dag ná Grieta Malherbe sterf. Haar oudste seun, Jaypee, haas hom na Die Burger se kantoor om ’n doodsberig te plaas. Die vrou agter die toonbank wil weet of hy al een geskryf het. Jaypee sê nee. Hy sê: “Tik jy, dan sal ek dit uit my kop sê.”

Jaypee sê die eerste ding wat in sy kop opkom, en die vrou tik. Die berig wat op Dinsdag 29 Januarie verskyn, lui só:

MALHERBE
Grieta, 92 jaar
’n Ma met ’n besonderse gawe wat van een blomkool drie kon maak: “As jou blomkool te min is, sit net blokkies witbrood by, my kind, en gaar rys by koolslaai.”
“Ma, die kinders sê ek is skeef.”
“Dis okay, my kind, dis Engels.”
Bye, Ma. Jaypee...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.