DIT was hoogsomer. Op ’n king-size-dubbelbed lê Sollie en rondrol. Langs hom lê ’n lang, blonde, maer vrou met ’n verekussing oor haar kop. Die rooi naellak op haar duimnael is afgetjip.
Sollie droom. Hy druk sy hande voor by sy pajamabroek in, krap bietjie en maak grillerige geluide deur sy mond. Hy droom hy stamp mense van ’n vyf verdieping hoë rots af; hy droom Shawu, die Krugerwildtuin se oorle’ olifant, trap op bondels middelklasmense; hy droom sy troppe koedoes jaag vir almal van wie hy nie hou nie; hy droom van ltaliaanse kandelare wat op ou tannies met pers hare se koppe val; hy droom van boikotters en kommuniste wat in 40 meter hoë oerwoude verdwaal; hy droom gholfspelers word deur krokodille opgevreet; hy droom troppe bobbejane steek vir dominees en sedebewakers tong uit; hy droom van enorme voëls en luiperds met lang tande. En Sollie sweet.
Sy lang, blonde, maer vrou maak haar oë oop. Sy's vies. “Blerrie lost case,” mompel sy...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.