OM met Rose Prevec te praat oor die verrassing waarmee sy pas vorendag gekom het, voel soos ’n ontmoeting met ’n uitbundige jong hondjie. Die energie wat sy uitstraal en die blink in haar oë gee te kenne dat die lewe vir haar in hierdie oomblik so goed is as wat kan kom.
Die rede vir Prevec se opwinding sal dalk nie almal se serotonienreseptore aan die gang kry nie, maar in die wêreld van paleobotanie was die ontdekking wat sy die naweek aangekondig het, aardskuddend.
In 2009 het Prevec enkele meters van ’n Karoo-grondpaadjie in die Sutherland-area ’n vonds gemaak wat sy nou as “die toppunt” en “een keer in ’n leeftyd” bestempel: ’n bykans onmoontlike ryk fossielafsetting wat enorme gapings in kennis oor die evolusie van die planeet en die diversifikasie van sy lewensvorme vul...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.