EK vermoed Jonathan, my gereelde vulstasiekonsultant, verstaan die ineengestrengelde wêreld van lojaliteitskaarte, betaal-apps en krediet- en debietkaarte beter as die meeste bankbestuurders (ás daar nog bankbestuurders is).
Jonathan het ’n tydjie terug reeds besef hy sal moet ingryp as hy steeds ’n tip wil verdien elke keer as hy my kar volmaak. Dis nie dat ek ongeneë is om hom te vergoed nie – inteendeel, ek dink dis wonderlik dat die mense wat oor sulke dinge besluit steeds volhard met die pragtige Suid-Afrikaanse tradisie van die pompjoggie. (Ek dink “pompjoggie” is ná “vakhoof” die beste posbenaming wat enige mens kan hoop om te hê).
Daarom vergoed ek graag pompjoggies vir hulle dienste. Die probleem is dat ek nie altyd weet hóé om dit te doen nie, want kontant is deesdae nogal 'n rariteit in my bestaan...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.