Hou jou kloue van my warm knoppie af!

OOR SWAARTEPUNTE EN KARMA

Hou jou kloue van my warm knoppie af!

Ek voel geweld hoort op die sportveld tuis, nie in die regte lewe nie. Dié is pynlik genoeg, skryf TINUS HORN.

TWEE ouens – ’n smal ou en ’n breë ou – sit in ’n kroeg. Dis nie ’n grap nie. Dis die reine waarheid en dis alles behalwe snaaks. As dit wel ’n grap was, sou mens kon sê die smal ou het die punchline op die breë ou se wangbeen geplant. Regterwangbeen. Die smal ou is linkshandig.

Ek was daar, aan die ander kant van die breë ou gestasioneer. Die kroeg was Tipples in Hermanus.

Die uiteinde het my onverhoeds betrap. Ek het verkeerdelik geraai die breë ou se lae swaartepunt sou hom stewig op sy stoeltjie geanker hou. Toe nie. Pleks daarvan stel hy die domino-effek in werking, met my en my kroegstoel as die laaste domino’s in die ry. Soos ek dit onthou, het my bierglas ’n oomblik lank in die lug getalm voordat dit langs my op die vloer in stukke gespat het, maar iemand wat aan ligte harsingskudding ly se geheue is glo nie te vertrou nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.