Marokko se fortuin is iets uit Hollywood

SKOP, SKIET, MARRAKESJ

Marokko se fortuin is iets uit Hollywood

Die internasionale filmbedryf het die afgelope dekades onverwags ’n groot bron van inkomste vir Marokko geword, iets wat dié land hoop om terug te kry na die ontwrigting van die Covid-19-pandemie, skryf ANESCA SMITH.

JY het waarskynlik nog nooit van Aït-Ben-Haddou gehoor nie, maar die kans is groot dat jy dié stowwerige dorpie op die ou karavaanroete tussen die Sahara-woestyn en Marrakesj al talle male gesien het.

Dit kom naamlik voor in ’n indrukwekkende lys van TV-reekse en bekende rolprente soos Game of Thrones, Gladiator, The Mummy en Lawrence of Arabia. Die laaste verfilming was vir Seneca – met die akteur John Malkovich – wat na verwagting binne die komende weke uitgereik word.

Die internasionale filmbedryf het die afgelope dekades onverwags ’n groot bron van inkomste vir Marokko geword, maar is soos toerisme vir meer as twee jaar deur die Covid-pandemie tot stilstand geruk. Die ekonomiese klappe is boonop vererger deur inflasie en die feit dat die land in die greep is van die ergste droogte in vier dekades – 2022 is die vierde agtereenvolgende jaar met ’n lae reënvalsyfer...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.