Ter wille van die oorlewing van die maanhare

MISSIE OM LEEUS TE BESKERM

Ter wille van die oorlewing van die maanhare

Toe Marnus Roodbol in 1983 gebore is, was daar ’n geskatte 76 000 leeus in Afrika. Vandag is dié syfer na raming minder as 20 000. Marnus kan hom nie ’n wildernislandskap sónder die ikoniese lid van die Vyf Grotes voorstel nie. LIRYN DE JAGER het met die leeuman van die Trust vir Bedreigde Natuurlewe (EWT) gesels oor die tyd van katvoet loop wat verby is.

MARNUS ROODBOL is g’n leeumelker as dit by kraagmannetjies en leeuinne kom nie. Daarvoor is die oorlewingstryd van die grootste van die groot katte net ’n te ernstige saak vir dié senior veldbeampte van die EWT se karnivoorbewaringsprogram.

“Hulle is maar een van ’n handvol diere in die wêreld wat jou so op jou tone kan hou in die diep nagdonker as hulle roep. Die manne en vroue kan maar wat sê, maar wys my ’n mens wat nie excited raak sodra hulle ’n leeu hoor nie. Dit is my missie in die lewe om leeus te beskerm. Om in die bos te bly sonder om leeus te hoor is rêrig iets waarmee ek nie kan saamleef nie.”

Die Universiteit van Oxford se navorsingseenheid vir wildbewaring het onlangs skokkende navorsingstatistieke oor die status van Panthera leo in Afrika gepubliseer wat wys die vasteland se leeubevolking het in vyf dekades met 75% afgeneem. Dit is ongeveer 1 400 leeus per jaar...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.