Help rommeluitsoekers (en die omgewing) só: 10 weggooigoed...

GROEN GROENER GROENSTE

Help rommeluitsoekers (en die omgewing) só: 10 weggooigoed wat goud werd is

Tussen 60 000 en 90 000 mense is afhanklik van wat jy weggooi. ANNELIESE BURGESS vertel hoe jy rommeluitsoekers kan help deur jou vullis beter te bestuur.

DIT is vir my ’n tipiese Jo’burg-beeld: die rommeluitsoekers wat vroegoggend die boomryke strate van die noordelike voorstede invaar met hulle tuisgemaakte trollies en dan sorgvuldig deur die swart sakke sif vir materiaal wat hulle kan verkoop. Die trollies word, namate dit al hoe voller raak, met sypaadjies en steiltes op- en afgestoot en oor paaie en kruisings getrek tot by die depots waar hulle dan ander mense se vullis inruil vir geld.

Alhoewel dit in my kop ’n Jo’burg-verskynsel is, is dit allermins. Die informele herwinningsektor is groot. Hier en in alle ander ontwikkelende lande. Volgens Fibre Circle (http://www.fibrecircle.co.za/), die produsent-verantwoordbaarheidsorganisasie van die Suid-Afrikaanse papier- en papierverpakkingsektore, raak herwinning ál groter onder werklose mense in Suid-Afrika. Op die oomblik word daar geraam dat dit vir tussen 60 000 en 90 000 mense oor Suid-Afrika heen hulle enigste vorm van inkomste is.

Daar is sekere weggooigoed wat vir rommeluitsoekers goud werd is, en met ’n klein bietjie moeite wat betref hoe jy jou vullis sorteer, kan jy hulle (en die omgewing) ’n groot guns bewys...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.