Coligny-saak: Kan gemeenskapsdruk of vooroordeel dan ’n...

VERTROUE IN DIE REGSTELSEL

Coligny-saak: Kan gemeenskapsdruk of vooroordeel dan ’n regter laat wankel?

Die saak waarin die sogenaamde Coligny-twee eers aan moord skuldig bevind is, en toe ná striemende kritiek op die regter in die appèlhof op alle aanklagte vrygespreek is, sal die regsgemeenskap nog lank bybly, en voorgehou word as ’n voorbeeld van hoe ’n aweregse hofuitspraak vertroue in die regstelsel kan kelder. CHRIS MARNEWICK SC bespiegel oor hoe ’n regter sy ewewig kan kwytraak.

DAAR is wyd berig oor hoe regter Ronnie Hendricks twee boere, Pieter Doorewaard en Phillip Schutte, skuldig bevind het aan die moord op die 16-jarige Matlhomola Moshoeu, en die appèlhof sy uitspraak ter syde gestel het. Hendricks se uitspraak was na my mening so aweregs gegewe die getuienis en die feite dat daar na ’n rede buite die uitspraak gesoek moet word om dit te verduidelik. Onbekwaamheid? Druk vanuit die gemeenskap? Vooroordeel jeens die twee beskuldigdes?

Hendricks het Doorewaard en Schutte skuldig bevind aan moord, ontvoering, intimidasie, diefstal en die rig van ’n vuurwapen, en tot onderskeidelik 23 en 18 jaar gevangenisstraf gevonnis. Sy uitspraak was gegrond op die getuienis van slegs een ooggetuie, Bonakele Pakisi, wat gesien het hoe die twee beskuldigdes die 15-jarige Moshoeu in hegtenis neem nadat hy na bewering sonneblomkoppe in ’n landery gesteel het. Die seun is dood nadat hy óf van die bewegende bakkie gegooi is (die staat se weergawe), óf gespring het (Doorewaard en Schutte se weergawe).

Artikel 208 van die Strafproseswet bepaal dat ’n regter die getuienis van ’n enkele getuie met omsigtigheid moet benader, en dis onder meer vrae oor dié getuie wat die saak in die appèlhof laat draai het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.