Johanna Voor-Brandt: van Boerespioen tot New Age-feminis

‘FLADDERING TUSSEN LEWE EN DOOD’

Johanna Voor-Brandt: van Boerespioen tot New Age-feminis

’n Afrikanervrou wat ’n spioen en verpleegster in die Anglo-Boereoorlog was, was later in haar lewe waarskynlik die land se eerste New Age-aktivis. As predikantsvrou is sy geïgnoreer toe sy voorspel het ’n “Hemelse Moeder” sal in die eindtye verskyn om éérste die vroue te bedien. ELSABÉ BRITS skryf oor die eksentrieke Johanna Brandt.

IN 1918 skryf Johanna Brandt, predikantsvrou in die Nederduits Hervormde Kerk, vir almal wat wil luister dat sy bonatuurlike ervarings gehad het. Dié het gebeur langs die sterfbed van haar geliefde ma, twee jaar tevore.

Wat sy beleef het, was nie sommer net vinnige flitse nie, maar diepe “mistieke kennis”, die ontwaking van heilige visioene wat ure duur, terwyl sy in ’n beswyming was. Vir haar is dit ’n verbintenis tussen God en die mens, en die kommunikasie tussen die onsigbare. Sý is die tolk van ewige waarhede.

Sy publiseer die visioene in die boek The Millennium – A Prophetic Forecast, waarin sy ook ’n interessante geskiedkundige oorsig oor die Christendom se verlede gee. Haar man, Louis Brandt, ’n Nederlander en ’n Hervormde dominee, word hieroor in so ’n hoek gedruk deur die kerk dat hy hom distansieer van haar uitsprake, maar darem nie van haar nie. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.