Godfrey Lebeya, die Valk sonder vlerke

OWERHEDE SONDER TANDE

Godfrey Lebeya, die Valk sonder vlerke

Die hoof van die Valke, lt.genl. Godfrey Lebeya, het ’n enorme probleem: Hy moet ’n strafregtelike ondersoek teen sy eie politieke hoof hanteer. Het die man wat nuwe lewe in die Valke moes blaas die moed en onafhanklikheid om dit vreesloos te doen? Nee, sê JACQUES PAUW, nie as jy na sy optrede tot dusver kyk nie.

VROEËR vanjaar het ’n warm patat op die hoof van die Valke, lt.genl. Godfrey Lebeya, se blinkgepoetste lessenaar beland: ’n dossier wat die verdagtes identifiseer as die minister van polisie, Bheki Cele, en die omstrede sakeman Roux Shabangu.

Die dossier gaan oor aanklagte van bedrog en korrupsie wat meer as ’n dekade oud is en kom uit die tyd van Cele se bewind van twee jaar as Jacob Zuma se eerste kommissaris van polisie.

Die Valke moes dié saak al ’n dekade gelede ondersoek het, maar het niks daaraan gedoen nie. Die ondersoekdirektoraat (OD) van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het die dossier laat verlede jaar opgespoor, maar wou dit ook nie gehad het nie en het dit teruggestuur na die Valke. Nou moet dit van voor af ondersoek word...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.