Wat beteken Engeland se gesondheidsorgkrisis vir SA?

GESONDHEIDSKRISIS

Wat beteken Engeland se gesondheidsorgkrisis vir SA?

Engeland beleef tans die grootste krisis in gesondheid- en hospitaalsorg sedert die piektyd van Covid-19 in 2020. Griep, bronchiale virusinfeksies en ’n oplewing in die aantal Covid-besmettings maak dat dokters pasiënte in die gange van hospitale moet behandel, terwyl ambulanse vir 45 minute en langer wag net om ’n pasiënt by ’n hospitaal in te boek. Die nasionale gesondheidstelsel (NHS) is op sy knieë, terwyl dié winter se sterftesyfers die hoogte inskiet. ERIKA GIBSON het gaan kyk na dié stelsel en wat Suid-Afrika te wagte kan wees wanneer die nuwe nasionale gesondheidsversekering plaaslik in werking tree.

DIT was tydens die hoogtepunt van Covid-19 in Suid-Afrika waar soortgelyke tonele hulle afgespeel het met tientalle hulpelose pasiënte wat snakkend na asem op trollies gewag het om tot staatshospitale toegelaat te word. Gesondheidswerkers en dokters was uit op hul voete weens die oormag, terwyl hulle self ook siek geword en sommige gesterf het.

Maar Engeland is mos ’n Eerste Wêreldland. Wat het skeefgeloop dat die koerante daagliks berig oor die NHS wat in duie gestort het? Dit is heerlike skietgoed vir plaaslike doemprofete wat maar te graag reageer met “… en dan wil hulle vir ons ook ’n eie nasionale gesondheidstelsel implementeer … dit sal nooit werk nie … Kyk hoe gaan dit reeds in die staatshospitale …”

Stakings deur verpleegpersoneel en dokters, sowel as treindrywers, poswerkers en andere het sedert Desember die land in ’n penarie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.