Wederkoms van die anti-vaxxers

DIE WETENSKAP VAN TWYFEL

Wederkoms van die anti-vaxxers

Die anti-vaxxers is met mening terug ná Elon Musk se oorname van Twitter danksy die afskaling van moderering op dié platform. Veral die talle #DiedSuddenly-tweets maak opslae. Maar daar is twee kante van die moderering-munt en wie ’n rol daarin gespeel het. En daar is vanselfsprekend rede tot skeptisisme oor die rol van regerings in die pandemie, skryf ILSE BIGALKE.

“HET jy gehoor Piet so-en-so is dood terwyl hy fiets gery het? Dit was weens 'n bloedklont wat deur sy Covid-19-inenting veroorsaak is.”

Of: “Weet jy Susan so-en-so het selfmoord gepleeg? Mense sê sy was skielik depressief nadat sy haar tweede Covid-inenting gekry het.”

Stellings soos hierdie gedy nou weer in anti-inentingsgemeenskappe in Suid-Afrika en elders en daar is 'n onrusbarende toename in Twitter-rekeninge met vals inligting oor gesondheidsaspekte en Covid-19-inentings. Voorts verrys anti-inentingsnetwerke wat voorheen van sosiale platforms verbied is uit die as en word boodskappe na groter gehore as ooit tevore uitgestuur...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.