’n Moordenaar wie se gewese meisies hom help ontsnap het

STAD VAN MOORD EN ROSE

’n Moordenaar wie se gewese meisies hom help ontsnap het

Celesté Fraser-Carson het in Februarie 2012 verdwyn. Haar lyk is later in ’n erosiesloot buite Bloemfontein aangetref. Maar dit was nadat haar moordenaar haar familie weke lank met boodskappe van hoop mislei en owerhede op ’n spokejag gestuur het, skryf SUSAN PURÉN.

’N TUINWERKER by die Jorihan-woonstelkompleks in Bloemfontein se middestad het op die oggend van 8 Februarie gesien hoe Celesté Fraser-Carson vrywillig by ’n man in ’n motor klim. Sy en haar sesjarige dogter, Mercedes, het saam met haar ma, Wilma, in die kompleks gewoon. Die man wat haar opgelaai het, was Quewin Coetzee, Fraser-Carson se kêrel wat sy op Facebook ontmoet het. Hy was na bewering die pa van haar ongebore kind, maar het vaderskap ontken. Boonop was hy, sonder haar medewete, ook aan ’n ander vrou verloof.

Hoewel Coetzee ywerig na Fraser-Carson (28) help soek het, was haar ma agterdogtig. Sy het vermoed dat Coetzee iets met haar dogter se verdwyning te make gehad het. Hy het egter volgehou dat hy haar by haar werk afgelaai het. Wilma was rasend van bekommernis en het aan die Volksblad gesê sy het nie antwoorde vir Fraser-Carson se dogter nie. “Mercedes het by haar ma geslaap. In die aande as sy moet slaap, vra sy al die vrae wat ek nie kan beantwoord nie.”

Dit het egter gou bekend geword dat ’n onbekende man Fraser-Carson se werkgewer, Mediclinic, kort ná elfuur die oggend van haar verdwyning gebel het om te sê sy sou nie by die werk wees nie. Hy het beweer sy het flou geword en dat hy haar na ’n dokter gaan neem...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.