Eilandstaat onder skoot oor 32-oudsoldaat se einde op ’n sementvloer

NADRAAI VAN ’N ‘STAATSGREEP’

Eilandstaat onder skoot oor 32-oudsoldaat se einde op ’n sementvloer

Die marteldood in aanhouding van ’n voormalige lid van die destydse 32-Bataljon bring die werklikhede van die onstuimige situasie in São Tomé en Principe (STP) vir Suid-Afrikaners tuis. ERIKA GIBSON vertel die storie van Arlécio da Costa en die bedreiging wat hy vir die owerhede in sy geboorteland ingehou het.

ARLÉCIO DA COSTA was met toue vasgemaak en sy gesig bebloed en verrinneweer toe hy verlede Vrydag in die vroeë oggendure op ’n sementvloer van die militêre barakke op die eilandstaat São Tomé en Principe sy hande effens gefladder en toe vir oulaas stil geraak het. So beweer ’n ooggetuie wat nie geïdentifiseer wil word nie. 

Da Costa en ’n klein groepie ander opposisielede is aangekeer nadat hulle na bewering ’n staatsgreep probeer uitvoer het, die soveelste op die twee eilande wat saam beswaarlik 17 vierkante kilometer groot is en ’n bevolking van minder as 230 000 het.

Die eerste nuusberigte oor die beweerde staatsgreeppoging het reeds genoem dat Da Costa ’n lid van die destydse “Buffalo Battalion” was. En ook sommer dat dié bataljon ’n gevreesde huursoldaatgroep was wat in die aanloop tot 1994 deur die Suid-Afrikaanse regering “verban” is...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.