Laat vaar tog nou Julian Assange se vervolging

STOPPIT NET

Laat vaar tog nou Julian Assange se vervolging

Waarom is die stigter van WikiLeaks ná al die jare nou weer in die nuus, en waarom moet ons omgee wat met hom gebeur? WILLEM KEMPEN verduidelik.

OP 28 November verlede jaar was dit 12 jaar sedert vyf groot internasionale nuuspublikasies die eerste van ’n reeks onthullings oor interne kommunikasie van die Amerikaanse departement van buitelandse sake in samewerking met die organisasie WikiLeaks gedoen het.

Dit was die begin van ’n skandaal wat as CableGate bekend geword het na aanleiding van die geklassifiseerde diplomatieke telegramme of “cables” wat op 28 November 2010 aan die lig begin kom het. Dit het altesame 251 000 telegramme bevat wat van Amerikaanse konsulate, ambassades en ander diplomatieke missies oral ter wêreld aan die departement van buitelandse sake gestuur is. Dit het ’n nes oopgekrap van korrupsie, spioenasie en diplomatieke verleentheid, insluitend vertroulike en verleentheidswekkende persoonlike ontledings van verskeie wêreldleiers.

Dié dokumente, het The New York Times geskryf, het onthul hoe die Amerikaanse regering “makes its biggest decisions, the decisions that cost the country most heavily in lives and money”. Tot vandag toe lei die dokumente joernaliste en ander ontleders na nuwe onthullings...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.