’N UITSTALLING met die titel Knitwear – Chanel to Westwood het onlangs by die Dovecot-kunskompleks in Edinburg, Skotland, geopen. Dit bied ’n breë oorsig van brei- en hekelmodes uit die laaste 100 jaar – van onderklere uit die lap-en-kom-klaar-era van die Tweede Wêreldoorlog tot by versamelstukke uit die wêreld van haute couture.
Die titel sinspeel eweneens op die tydvak as op hierdie uiteenlopendheid. Tussen wilde Westwood en klassieke Chanel lê daar immers ’n wye land, een waar vroue in my portuurgroep dekades lank pligsgetrou en partymaal vergeefs na hulle stylbestemming soek.
Ons is tegelykertyd die tydgenote van Westwood en die erfgename van Chanel. Modebevryders albei, maar waar die een ons van Victoriaanse korsetware wou verlos, het die ander die korset as kleredrag herskep. Terwyl die een gemaan het dat ware elegansie van eenvoud afhang, het die ander ons tot oordaad en selfvertoon aangehits...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.