Frankryk het Dior. Italië het Gucci. En Suid-Afrika het MaXhosa

AFRIKA MODE

Frankryk het Dior. Italië het Gucci. En Suid-Afrika het MaXhosa

Suid-Afrika is die grootste mark vir luukse ware in Afrika. Hoewel daar ’n verwagting is dat die mark sal uitbrei vanweë ’n groeiende middelklas kan dit langer duur weens die huidige ekonomiese probleme, skryf ANESCA SMITH.

MAXHOSA AFRICA staan aan die voorpunt van ’n nuwe geslag luukse modeontwerpers uit Suid-Afrika wat die laaste paar jaar groot naam in die buiteland maak, maar wie se ambisies verder as dít strek.

Die groep van belowende name sluit ook in Thebe Magugu en die Kaapstadse Sindiso Khumalo – albei se ontwerpe is deel van ’n uitstalling getiteld Africa Fashion wat nou in die Victoria & Alfred-museum in Londen te sien is tot 16 April 2023. Khumalo was in 2020 ’n finalis vir die gesaghebbende Louis Vuitton- (LVMH) modeprys en dieselfde jaar ’n wenner van die Green Carpet-modeprys.

MaXhosa het op sy beurt al aan die New Yorkse en Londense modeweke deelgeneem en het nou sy oog op Parys. Tans is sy kleding by onder meer die Armando Cabral-winkel in die Rockefeller-sentrum te koop...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.