Elke musieklys moet minstens een dom nommer hê

10 TOP-ALBUMS VAN 2022

Elke musieklys moet minstens een dom nommer hê

'n Top-10 is soos die klere wat jy kies om aan te trek na 'n party saam met mense wat jy ag of verpes, maar teenoor wie jy nie onverskillig staan nie, skryf FRED DE VRIES.

DIS weer daardie tyd van die jaar: angs en frustrasie. Ek praat nie van waar, hoe en saam met wie ek Kersfees gaan deurbring nie, maar oor die saamstel van my top-10 vir die jaar. Ek maak hierdie lysies al die afgelope dekade of langer en glo my, dit word elke jaar moeiliker. Dit het duidelik te doen met ouderdom – hoe ouer jy word, hoe meer krities en sinies raak jy. Dit het ook te doen met die steierende ooraanbod van nuwe uitreikings. Daar word daagliks meer nuwe musiek uitgereik (meer as 100 000 liedjies, volgens die bedryf) as waarna ’n mens fisiek kan luister, so dis ’n onbegonne taak. En natuurlik is die internet volgeprop met einde-van-die-jaar-lysies van elke Jan Rap en haar maat. Waarom selfs probeer?

Hier’s die rede: Ek geniet dit, ondanks die helse lot pyn wat dit veroorsaak. Om dinge vir myself te vergemaklik het ek ’n reël gehad: Ek moet al die albums op my lysie besit, in fisieke formaat, hetsy langspeelplaat of CD. Met die verdwyning van platewinkels het dit nogal moeilik geraak. Maar aangesien die meeste albums wat ek wou aanskaf in elk geval nie in jou gemiddelde Musica-winkel beskikbaar was nie, was dit nie regtig ’n kwessie nie. Ek het hulle bloot van oorsee bestel. Die afsterwe van die Suid-Afrikaanse poskantoor het ook hierdie opsie nekomgedraai. Pakkies het maande gevat om te arriveer, as hulle ooit arriveer. En doeanebelasting was totaal lukraak, maar sonder uitsondering aan die hoë kant. Daarom moes ek, soos die meeste van ons, my wend tot streaming om nuwe musiek te hoor. Dit het my geld gespaar, maar ek hoef jou nie te vertel dat die luisterondervinding nie kan kers vashou by die oopmaak van ’n vinielalbum of selfs ’n CD nie. Ek gebruik Spotify en YouTube soos ek ons musiekbiblioteek gebruik het toe ek ’n tiener was; as ’n bron van inligting.

En dis nog maar net die logistieke deel van die pynigende taak wat ek myself opgelê het. Dan is daar die keuse self. Wat maak een album beter as ’n ander? Verlede jaar was Faye Webster se I Know I’m Funny Haha boaan my lys. Musikaal gesproke is dit geensins “beter” of meer uitnemend nie as my nommer twee, Arooj Aftab se eksperimentele Vulture Prince, maar Faye se poging het my daardie jaar meer luisterplesier verskaf, dis so eenvoudig soos dit. Haar album, lirieke en stem het my gelukkig gemaak, het my laat glimlag; nogal ’n prestasie in hierdie deprimerende tye. Basies is daar dus geen manier waarop jy dit kan rangeer nie - dit hang alles af van stemming, wat enige oomblik kan verander...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.