NICARAGUA is 'n land met 'n traumatiese geskiedenis: eeue se kolonialisme, gevolg deur nog 'n eeu van voortdurende politieke onstuimigheid, omgewingsverwoesting, verskeie diktature, grootskaalse korrupsie en twéé burgeroorloë waar marteling, verkragtings, verdwynings en massa-teregstellings hoogty gevier het.
Die laaste burgeroorlog – tussen die Marxisties-Leninistiese Sandinista-party en die VSA-ondersteunde Contra-rebelle – eindig in 1988. Maar dit is asof die mense vasgevang bly in hulpeloosheid, sê die “sosiaal bewuste" Nicaraguaanse sielkundige Martha Cabrera (https://www.medico.de/download/report26/ps_cabrera_en.pdf).
In 1998 ruk 'n kragtige tropiese sikloon Nicaragua en byna 4 000 mense sterf in die vloede. Internasionale ontwikkelingshulp stroom in, maar Cabrera verstaan nie hoekom daar steeds, met al die miljoene wat in opleiding en ontwikkeling belê word, so min sukses behaal word om lewens te verander en mense “passief” bly aanploeter nie...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.