Dalk is dit beter vir Moeder Aarde as ons eenvoudig nie bestaan nie

WEG MET ONS

Dalk is dit beter vir Moeder Aarde as ons eenvoudig nie bestaan nie

Die Suid-Afrikaner David Benatar is al die wêreld se mees pessimistiese filosoof genoem. DOUW STEYN wonder of Benatar nie dalk die antwoord het om ten minste klimaatsverandering die hoof te bied nie.

DIE konsensus onder die meeste wetenskaplikes is dat die mens verantwoordelik is vir die huidige klimaatsverandering en dat indien ons teen dié pas aangaan, dit die einde van lewe op aarde sal beteken.

Natuurlik is daar diegene, selfs wetenskaplikes, wat dít as bangmaakstories afmaak. Hulle wys daarop dat die aarde al vele male deur hewige klimaatsverandering gegaan het en dat dit tot gevolg gehad het dat beskawings en spesies verdwyn. Dit is maar net deel van die darwinisme.

Ek is totaal onbevoeg om die kaf van die koring te skei en in sulke gevalle, net soos met inenting, val ek by die konsensus in, sonder om evangelisties daarmee om te gaan; ek is altyd die twyfelende gelowige, of is dit die gelowige twyfelaar? Ek is nooit seker nie, maar ek weet ek is beslis nie sendelingmateriaal nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.