Nié die motor van die jaar nie

TOYOTA RUMION

Nié die motor van die jaar nie

Die gilde van Suid-Afrikaanse motorskrywers (SAGMJ) stel vandeesweek 2022 se finaliste vir die motor van die jaar bekend. Om in aanmerking te kom moes ’n motor verlede jaar sy plaaslike bekendstelling hier gehad het. Een van hulle was uit die staanspoor gedoem, skryf JUSTUS VISAGIE.

SY naam is Toyota Rumion en hy’t reeds in die eerste stemrondte uitgeval. Daar’s twee redes waarom sy wens doodgebore is: Eerstens is die Rumion, wat onlangs in die land aangekom het, in wese ’n Suzuki Ertiga, waarvan die jongste model reeds in 2019 sy buiging hier gemaak het. Tweedens is die Rumion, dus feitlik ’n Suzuki met ’n Toyota-kenteken, so sexy soos ’n hoërskool-biologieklas oor die menslike voortplantingstelsel. (Goed, goed; dit wat prikkel is subjektief.) Tog is dié ryding ’n waardevolle toevoeging tot die land se groeiende motormark.

Die Rumion lyk nie heeltemal aspris soos ’n broodblik of 'n Alexandra-taxi nie. Nee, dis grootliks omdat vorm hier funksie volg. Suzuki wou ’n relatief klein waentjie bou wat sewe mense gerieflik (en wettiglik) kan vervoer, en minstens ’n bagasieruim laat, met plek vir ’n groterige reistas. Vou die heel agterste twee sitplekke plat en daar’s ’n enorme bagasiebak. Tiep die middelste ry ook vorentoe en ’n branderplank of bergfiets pas in, laasgenoemde sonder om die voorwiel af te haal. Van vrag dra gepraat: Die Rumion (en Ertiga) kan 610 kg dra – meer as ’n halftonbakkie.

Bestuurplesier..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.