DIE Keik tis Katerinas is spesiaal vir my Griekse lesers. Dit beteken letterlik “Katerina se koek". Dis propvol sjokolade en so ryk jy kan omval van lekkerkry!
Nou die aand besluit vriendin Doreen sy kook Grieks, maar ons eet vroegaand, want almal is lam gewerk en dis anyway vir ons 'n plesier om te eet voor die son sak. (Ons Pikeurs klim vroeg in die kooi, en ’n seweuur-dinner is omtrent reg vir ons.)
AI protesterende dat alle vleisgeregte wat sy maak 'n flop is, maak Doreen toe hierdie wonderlike lamskottel – dis eg Grieks en kom uit 'n prag van 'n boek met mooi prentjies van Griekeland. Ek ken mense met 'n renons in die ewige boontjies-met-maalvleis gegeur met baie knoffel wat as Grieks voorgesit word, maar die maaltye uit dié boek was fyn en eenvoudig, en die prentjies helder en elegant gestileer. None of your rugged Greek peasant stuff...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.