Mafioso met die swartste hart vir die res van sy lewe in die tjoekie

DIE DUIWEL HOMSELF

Mafioso met die swartste hart vir die res van sy lewe in die tjoekie

Die inhegtenisname van die Siciliaanse bendebaas wat homself die bynaam Diabolik gegee het, gaan ongelukkig nie die ratte van internasionale georganiseerde misdaad veel stadiger laat draai nie, skryf WILLEM KEMPEN.

NIKS aan Matteo Messina Denaro se voorkoms waar hy ná sy arrestasie deur gemaskerde Carabinieri weggelei word, sal jou laat dink dat hy enigiets anders as ordinêr is nie.

Jy sal nie dink dat hy een van die magtigste misdaadbase op die planeet was nie. Jy sal nie dink dat sy persoonlike fortuin op minstens €4 biljoen geskat word nie. Jy sal nie dink dat hy sy eerste moord op 18 gepleeg het, of dat hy die 12-jarige seun van 'n informant laat ontvoer, verwurg en uiteindelik sy lyk in suur laat oplos het nie. Jy sal nie dink dat hy die teikens gekies het in die Cosa Nostra se reeks terreuraanvalle in 1992 op die Via dei Georgofili in Florence, die Via Palestro in Milaan, die Piazza San Giovanni in Laterano en die Via San Teodoro in Rome waarin 10 mense dood en 93 beseer is nie. Jy sal nie dink dat hy aandadig was aan die 400 kg springstof wat in 1992 onder die snelweg naby die Palermo-lughawe geplant is waarmee die motor waarin die anti-Mafia-regter en staatsaanklaer Giovanni Falcone, dié se vrou en drie lyfwagte onderweg was, opgeblaas is nie. Ook nie aan die motorbom wat twee maande later ook die lewe van Falcone se vriend en kollega Paolo Borsellino beëindig het nie. Jy sal beslis nie dink dat hy eens bekend was as 'n flashy playboy met 'n liefde vir Porsches, Armani en Rolex nie.

Maar as jy wel al hierdie dinge weet, sal jy ook verstaan waarom die mense van Palermo die polisie spontaan in die strate toegejuig het nadat Denaro uiteindelik aangekeer is ná 30 jaar as 'n voortvlugtige voor die gereg. Hy het in 1993 ná die reeks bomaanvalle uit die openbare oog verdwyn, waarna hy in 2002 in absentia tot lewenslange tronkstraf daarvoor gevonnis is...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.