EREROL VAN DIE EERLIKES | Die helde wat ’n prys betaal het vir ...

DANKBAAR

EREROL VAN DIE EERLIKES | Die helde wat ’n prys betaal het vir die waarheid

Dis ’n lang lys wat daagliks groei: mense wat opgekom het vir die waarheid en ’n hoë prys daarvoor betaal het – selfs met hul lewe. In Augustus is Babita Deokaran doodgeskiet nadat sy alarm gemaak het oor korrupsie in die Gautengse gesondheidsdepartement. Ons voeg haar, omgewingsaktivis Fikile Ntshangase, Sikhosiphi (Bazooka) Rhadebe en die oudparlementslid Andrew Feinstein by ons Ererol van die Eerlikes, saamgestel deur ANNELIESE BURGESS, YOLANDI GROENEWALD en HANLIE GOUWS.

  • 27 Oktober 2021
  • Mense & Kultuur
  • 21 min om te lees
  • Anneliese Burgess Yolandi Groenewald en Hanlie Gouws

VAN hulle was fluitjieblasers wat vermoor is vir die waarheid wat hulle aan die lig wou bring. Van hulle was net eerlike amptenare wat hulle werk wou doen en wat geneutraliseer moes word omdat hulle in die pad gestaan het van die oneerlikes wat wou steel, of van die staatskapers wat hulle agenda in donkerte wou ontplooi, of regeringsamptenare wat net hulle eie gatte wou red. Daar is dié wat eers 'n pad deur hulle eie medepligtigheid moes wroeg voordat hulle uiteindelik vir die waarheid opgestaan het. 

Onder hulle is daar dokters en geregsdienaars, prokureurs en ondersoekbeamptes, raadslede en politici.

Lewens is verwoes, families verskeur, eerbare loopbane in die openbare diens tot stilstand geruk. Daar was selfdood en depressie. Huwelike wat uitmekaar geval het. Kinders wat die spoor byster geraak het. Daar is dié wat vandag steeds wegkruip of vrees vir hul lewe. Elkeen se pad was anders; baie se kruis dieselfde. Maar elkeen van die helde op ons Ererol van die Eerlikes het 'n duur en bitter prys betaal – vir ons. Dankie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X