DIE konsentrasie van kweekhuisgasse het verlede jaar 'n rekordhoogtepunt bereik en ons is “heeltemal van koers af" om stygende temperature te beperk.
'n Verslag van die Verenigde Nasies se Wêreld- Meteorologiese Organisasie (WMO) het gewys die vlakke van koolstofdioksied het in 2020 gestyg tot 413.2 deeltjies per miljoen. Dié styging is meer as die gemiddelde oor die laaste dekade ondanks 'n tydelike afname in uitlaatgasse tydens die wêreldwye inperkings weens die Covid-19-pandemie.
Die sekretaris-generaal van die WMO, Petteri Taalas, het gesê die vlak waarteen gasse wat hitte vasvang nou uitgelaat word, gaan veroorsaak dat temperature in hierdie eeu “ver meer" as die teiken van 1.5 °C bo die pre-industriële gemiddelde wat in die Parys-ooreenkoms van 2015 bepaal is, styg. ..
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Barbara Creecy staan bont (en groen)