Richtersveld: Waar is Hot Lips heen?

BEWARING LÊ LEPEL MET BOERDERY, MYNE

Richtersveld: Waar is Hot Lips heen?

Daar is plante in die Richtersveld wat baie skaarser as renosters is. Daar is spesies wat reeds uitgesterf het of tans aan die uitsterf is. Dis nie net 'n stryd teen droogte, boerdery en mynbou nie; die stropery word aangevuur deur internasionale sindikate en sosiale media. Maar die park se befaamde botanis Pieter van Wyk is 'n man met 'n plan, skryf HEIN EKSTEEN.

PIETER VAN WYK, kurator van die Richtersveld-woestyn se botaniese tuine, rol ’n sigaret met bykans ongekende vaardigheid en konsentrasie. Maar dit wil voorkom asof sy aandag nie op die blaadjie en die tabak gerig is nie, eerder op die formulering van ’n gedagteloop.

“Jy moet iets baie goed verstaan. Vanaf hier in die Richtersveld, oor na die Boesmanland, die Namakwaland en verder teen die Weskus langs, is daar tussen 400 en 500 mense wat elke dag van die week seldsame en bedreigde plante stroop. Daarom wil ek jou vra om glad nie foto’s van dié spesifieke plante te neem nie en nie hul name te noem nie. Ek wil nie eens hê jy moet skryf oor hoe erg die situasie is nie.”

Maar die nuus is die wêreld vol. Verskeie artikels is reeds oor hierdie haglikheid gepubliseer. Selfs programme op televisie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.