Boekbedonnerd nr. 27 | ’n Nylvaart, ’n skewe boek, Britse en...

NUUT OP DIE BOEKRAK

Boekbedonnerd nr. 27 | ’n Nylvaart, ’n skewe boek, Britse en Aussie-noir, kinderdae in Fordsburg en onvolmaakte gedigte

Op hierdie week se leeslys is daar voorwaar iets van alles. DEBORAH STEINMAIR open met ’n Afrikaanse roman deur ’n briljante storieverteller en duik dan neus eerste in ’n nuwe boek in waaroor die LGBTIQ-gemeenskap sal juig, voordat sy ’n U-draai na klassiek huishoudelike noir en ’n sielkundige riller maak, gevolg deur roerende memoires, en dan met poësie vir poeding eindig.

1. ’n Gebore storieverteller se nuutste

Haar kortverhaalbundels was die een sukses ná die ander, maar noudat Nicole Jaekel Strauss haar hand aan ’n roman gewaag het, wéét ons dié vrou mag maar skryf. 

Nadat ek Strauss se bekroonde kortverhaalbundels, Maal en As in die mond, gelees het, het ek geweet sy kan skryf, maar gewonder of sy ’n roman met soveel sukses sou kon skryf. Kortverhale is ’n perd van ’n ander kleur. Hulle is stilisties blinkgepoets en gekonsentreerd en elke reël sing. Soms is kortverhale vir my te mooi geskryf – ja, dit is moontlik om te mooi te skryf. Ek glo ’n mens moet jou inhou, jy moet altyd iets terughou, nie al jou pêrels gelyk gooi nie, nie winkelvensters versier nie. Ek glo styl mag inhoud nie oorskadu nie. Nie dat dit die geval was met Strauss se kortverhale nie: Daar was dikwels skokkende inhoud wat jou in die midrif tref, maar daar was ook lang beskrywings van ’n oomblik gevries in die tyd wanneer iemand ’n glas wyn omstamp en die vlek ’n stadige kontinent oor die wit linnetafeldoek laat groei...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.