Kan klimaatsverandering tot Eskom se redding kom?

VAN STEENKOOL NA HERNUBARE ENERGIE

Kan klimaatsverandering tot Eskom se redding kom?

Eskom is nie net die grootste besoedelaar op die ganse Afrika-kontinent nie, maar lewer ook die grootste bydrae tot klimaatsverandering. Ironies is dit juis die klimaatkrisis wat die sukkelende Eskom-skip na kalm water kan dwing, skryf ALEX LENFERNA.

SUID-AFRIKANERS is pynlik bewus van die probleme. Eskom se erg besoedelende elektrisiteit is toenemend onbetroubaar en duur, en die entiteit gaan gebuk onder skuld van biljoene rande. Intussen het Eskom ’n omswaaiplan van $10 biljoen aan ontwikkelingsfinansierders soos die Wêreldbank en die Afrika-Ontwikkelingsbank voorgelê.

Hiermee wil Eskom vinniger van steenkool na hernubare energie omskakel. Op hul beurt sal dié instellings dan die gunstige leningsvoorwaardes van klimaatsfinansiering aan Eskom toestaan. En só kan Eskom sy skuld betaal, die vroeë sluiting van steenkoolmyne bekostig, en in ’n sinvolle oorgang na hernubare energie belê.

Eskom werk aan ’n plan om dié finansiering te kry as deel van die Verenigde Nasies se jaarlikse klimaatkongres wat in November in Glasgow, Skotland, gehou word, berig Reuters. In ’n poging om in die goeie boekies van leninginstellings te kom, wil die entiteit sy Komati-steenkoolkragstasie na son- en batterykragberging oorskakel. Die projek kan by die VN-kongres voorgelê word as bewys dat Eskom besoedeling daadwerklik wil kortvat...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.