Moord op kontrak

RESERVOIRS VAN GEWELD

Moord op kontrak

Die prys vir huurmoorde is maar laag in Suid-Afrika en aanvalle het die laaste jare skerp toegeneem. (Huurmoordenaars slaan veral by of naby die slagoffer se huis toe en gebruik in die meeste gevalle vuurwapens.) Dit is veral in KwaZulu-Natal waar politieke moorde hoogty vier, skryf KIM THOMAS van die Global Initiative Against Transnational Crime.

  • 01 Oktober 2021
  • Nuus & Politiek
  • 11 min om te lees
  • artikel 2 van 28
  • Kim Thomas

SUID-AFRIKA se misdaadekonomie word gekenmerk deur kontrakmoorde vir sosiale, politieke of ekonomiese gewin. Dié teikenmoorde  boesem vrees in, maak aktiviste en fluitjieblasers stil, kalwe die demokrasie uit en help misdadigers om hul doelwitte te bereik. 

Net in September is 'n ANC-wyksraadslid (https://www.iol.co.za/pretoria-news/news/murder-of-anc-councillor-tshepo-motaung-sparks-unrest-in-mabopane-2e704cc4-8fd7-4c75-ad9e-1f19077f5cfe) in Mabopane, Pretoria, doodgeskiet; drie vroue (https://www.news24.com/news24/SouthAfrica/News/three-women-killed-outside-kwazulu-natal-school-while-anc-branch-meeting-under-way-inside-20210912) is beseer in 'n verbyry-aanval by 'n ANC-takvergadering; 'n man en vrou is in Soweto vermoor (https://www.citizen.co.za/news/south-africa/crime/2634170/man-and-woman-killed-as-ferrari-sprayed-with-bullets-in-soweto/) in wat na berig is 'n wraakaanval was. In KwaZulu-Natal is 'n tradisionele leier (https://www.sabcnews.com/sabcnews/another-induna-gunned-down-in-kwaulu-natal/) doodgeskiet en in nóg 'n skietvoorval (https://www.iol.co.za/news/south-africa/kwazulu-natal/son-of-kzn-security-boss-and-hitman-killed-in-wild-west-shoot-out-f93b858c-ef93-4581-965b-bda98eeae291) is die seun van die eienaar van 'n sekuriteitsmaatskappy en 'n kontrakmoordenaar dood. In Augustus is die fluitjieblaser Babita Deokaran (https://www.dailymaverick.co.za/article/2021-09-13-six-suspects-accused-of-murdering-babita-deokaran-remanded-in-custody-after-second-court-appearance/) vermoor in 'n aanval wat vermoedelik verband hou met haar rol as getuie in 'n ondersoek na Covid-kontrakte in Gauteng se departement van gesondheid. Dae later is 'n voormalige raadslidkandidaat (https://www.news24.com/news24/southafrica/news/murdered-khayelitsha-woman-had-stood-as-candidate-in-anc-council-nomination-20210831) van die ANC in Kaapstad doodgeskiet.

Die gebruik van geweld teen spesifieke teikens deur 'n derde party daarvoor te kontrakteer het die laaste twee dekades toegeneem, in die besonder in KwaZulu-Natal waar daar tussen 2000 en 2018 'n skerp toename was in sluipmoorde wat óf polities gemotiveer is óf wat verband hou met die magstryd en konflik in die taxibedryf. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.