Moenie nóú maak of julle Babita Deokaran waardeer het toe sy...

’N PLEK OP DIE EREROL

Moenie nóú maak of julle Babita Deokaran waardeer het toe sy nog geleef het nie

Sy was ’n dapper staatsamptenaar wat gejag is deur mense wat haar uit die pad wou kry sodat hulle hul korrupte aktiwiteite kon voortsit. Hoewel sy soveel meer verdien het, is sy eers ná haar dood vereer, skryf NICOLE FRITZ.

ONS praat baie oor openbare diens in dié land, veral oor hoe dit ontbreek. Diegene wat die staat gekaap het, het dit vermom gedoen: in die gewaad van openbare diens. Jy kan ons dus vergewe as ons taamlik sinies is, as ons dink openbare diens is alles net ’n voorwendsel; oëverblindery waarin die ryk word van enkeles, nie diens aan die groter publiek nie, die mikpunt is.

Maar deur só te dink sal ’n mens ignoreer hoe waarlik uitsonderlik sommige van Suid-Afrika se staatsamptenare is. Een van hulle was Babita Deokaran, hoofdirekteur van finansiële bestuur in die Gautengse departement van gesondheid. Haar moedige diens het skynbaar vereis dat sy die hoogste prys betaal: Sy is Maandagoggend buite haar huis in Johannesburg doodgeskiet pas nadat sy haar dogter by haar skool gaan aflaai het.

Alles in hierdie voorval dui op sluipmoord. Verskeie skote is na bewering op ’n kort afstand deur ’n motorruit op haar gevuur en geen waardevolle items, soos haar selfoon en skootrekenaar, is uit die motor geneem nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.