SA se ‘weglammery’ van Weste is snert

TOENADERING TOT RUSLAND, CHINA

SA se ‘weglammery’ van Weste is snert

Dis onsin dat Suid-Afrika ideologies weglam van Westerse liberaal-demokratiese stelsels om toenadering tot outoritêre state en ideologieë soos dié van Rusland en China te soek, skryf PIET CROUCAMP.

DIE andersins uitstekende The Economist het onlangs ’n onnadenkende en cliché-agtige relaas gepubliseer oor Suid-Afrika se buitelandse beleid, wat skynbaar stelselmatig nader aan Rusland en China sou migreer.

Suid-Afrikaners het dié teorie met hoek, lyn en sinker gesluk.

Die veralgemeende strekking van die Economist-artikel is dat Suid-Afrika se internasionale en buitelandse beleid in die onlangse verlede ’n regimeverandering ondergaan het weg van ’n menseregtegebaseerde ingesteldheid na wat ook al in ons nasionale belang sou wees...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.