Die uitsprake wat André de Ruyter gesink het

KRAGREUS OF VOERTROG?

Die uitsprake wat André de Ruyter gesink het

Die man wat die afgelope drie jaar die gesig van Eskom was, is Woensdagaand aangesê om sy kantoor summier te ontruim. Dit kom nadat hy in ’n TV-onderhoud kritiek teen onder andere die kragreus en die regerende party uitgespreek het. Sy dienstydperk sou eers oor meer as ’n maand verstryk nadat hy in Desember bedank het. PIETER VAN DER MERWE vertel meer oor André de Ruyter se uitsprake wat hom die trekpas besorg het.

DIE stil, sterk man met die silwer hare en lantern-kennebak wat die afgelope drie jaar die gesig van Eskom was, André de Ruyter, is Woensdagaand aangesê om sy kantoor summier te ontruim, meer as ’n maand voordat sy bedanking in werking sou tree nadat hy in Desember verlede jaar bedank het.

Hy het op 19 Desember 2019 die hoofbestuurder van Eskom geword, net mooi op die punt waar die kumulatiewe effek van jare se verwaarlosing en korrupsie die energiemaatskappy uitmekaar laat begin val het.

Dit moes een van die ondankbaarste take in die land gewees het, want De Ruyter is van die begin af beskinder en ondermyn, tot op die punt waar Gwede Mantashe, minister van minerale en energie, hom van hoogverraad beskuldig het en niemand in gesag vir hom opgestaan het nie. Daar was selfs ’n poging om hom te vergiftig...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.