Anderkant Eskom en Mantashe wemel dit van die kragoplossings

’N NUWE ENERGIE

Anderkant Eskom en Mantashe wemel dit van die kragoplossings

Elke keer as die elektrisiteit iewers in Suid-Afrika afgaan, dink iemand aan nóg maniere om sonder die gedrog in Megawattpark klaar te kom, skryf WILLEM KEMPEN.

ANDRÉ DE RUYTER se bedanking het baie Suid-Afrikaners finaal laat besef: Ons gaan sonder Eskom moet sien en kom klaar. Ons kan nie langer net bly hoop die nasionale kragvoorsiener gaan dálk eendag uit die dryfsand van gevestigde belange en verskuilde motiewe bevry word nie.

Daar is nie ’n enkele, volledige oplossing nie. Elke opsie het beperkinge, wat beteken daar moet saamgewerk word sodat hulle mekaar kan aanvul. Elkeen van ons sal moet vra: Hoeveel elektrisiteit het my huishouding of my organisasie nodig, wanneer gaan ons dit nodig hê, hoe gaan dit opgewek word, en hoe gaan dit gestoor word en geneem word tot waar ons dit nodig het? En hoe gaan ons daarvoor betaal?

Die antwoorde op al dié vrae gaan jou bring by enigiets van ’n sonpaneel op jou dak tot by ’n modulêre korrelbed-kernreaktor wat ’n hele stad van elektrisiteit kan voorsien en met privaat kapitaal gebou is. Helaas gaan steenkool en diesel ook nog vir ’n hele klompie jare iewers ’n plek in die mengsel hê...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.