DIE eerste aanduiding aan die buitewêreld van hoe diep en boosaardig die terugvegpoging teen die hernuwingsprogram van die Universiteit van Fort Hare (UFH) geword het, was op ’n Vrydagmiddag in Mei 2022.
Peet Roets, die universiteit se vloot-en-vervoerbestuurder, was in spitsverkeer in Oos-Londen op pad huis toe van die Alice-kampus. By die afdraai van die N2-hoofweg in die rigting van Gonubie, die kuswoonbuurt waar hy gewoon het, het twee mans op sy voertuig losgebrand en hom doodgeskiet. Daarna het die moordenaars in ’n donkerblou Volkswagen Polo met getinte ruite gevlug.
Dit was ’n dramatiese eskalasie in wat ’n toenemend gespanne stryd geword het teen die georganiseerde misdaadnetwerke wat die UFH se geldkoffers leeggedra het. Die visekanselier, Sakhela Buhlungu, was vasbeslote was om hierdie netwerke se vlerke te knip in sy ambisieuse plan om die universiteit te “hernuwe”...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.