Braai the Beloved Country

GELEENDE HOOP

Braai the Beloved Country

In 'n deel van Suid-Afrika waaroor niemand werklik 'n hel omgee nie, brand brande lustig voort terwyl die enkele brandweerwa padlangs ry om uiteindelik by die toneel uit te kom. Dis weer beurtkrag, dis weer plaaslike verkiesings en daar is werklik niemand vir wie 'n mens kan stem nie. Soms raak hy effe sinies, skryf ANDRIES BEZUIDENHOUT.

TWEE weke gelede het die Midgley Hotel in Adelaide aan die brand geraak. Dis 'n pragtige historiese gebou, in die middel van die dorp. Die brandweerwa was egter in Alice, twee dorpe en sowat 60km verder met die pad langs. Boonop is daar tans padwerk tussen Alice en Fort Beaufort, so dis 'n stadige pad.

Die vuur is uiteindelik deur die nieregeringsorganisasie Gift of the Givers geblus, met water wat eintlik bedoel was om die droogte te verlig.

Een klein verhaaltjie hier uit 'n deel van Suid-Afrika waaroor niemand werklik 'n hel omgee nie. Dit illustreer egter 'n groter probleem. Daar is een brandweerwa wat die hele Raymond Mhlaba-distrik moet bedien – ’n hele paar dorpe soos Alice, Beaufort-Wes en Adelaide. Die idee van een, gedeelde  brandweerwa is effe absurd...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.