“REMEMBER the good old 1980s? When things were so uncomplicated?” sing Jeff Lynne van Electric Light Orchestra (ELO), “I wish I can go back there again, and everything could be the same.” Die liriek kom van ’n sentimentele, dalk selfs soetsappige lied genaamd “Ticket to the moon” van ELO se album Time, wat vroeg in 1981 vrygestel is.
Die spreker in die lied het ’n kaartjie om maan toe te gaan, die vlug vertrek van Satelliet 2. Die toneel speel iewers in die toekoms af. Om die waarheid te sê, dit speel in die jaar 2095 af, soos daar in ’n ander liriek op die album verduidelik word, waarin die spreker op ’n robot verlief raak en haar goeie eienskappe besing. Die spreker sou eerder op die aarde wou bly, by die een vir wie hy lief is – in hierdie geval ’n ander mens, sou mens aanneem. “I’ve got a ticket to the moon, but I’d rather see the sun rise in your eyes,” croon Jeff Lynne.
So dit gaan hier oor iemand in 1981 wat hom verbeel hoe iemand waarskynlik in 2095 sal terugverlang na die 1980’s as ’n dekade, ’n dekade wat pas ’n aanvang geneem het en tegnies nog voor die deur lê. Die liefdeslied as wetenskapsfiksie...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Sunny skies en identiteitsvrae