Kul jou hier, kul jou daar: Het Afrika ’n probleem met...

DIE NUWE MISBRUIK

Kul jou hier, kul jou daar: Het Afrika ’n probleem met inligtingsbesoedeling?

Die probleem met die ooraanbod van inligting is dat ons toenemend sukkel om te verwerk en sin te maak van wat ons sien en hoor. Vandag word dieselfde tegnologie wat ons gebruik om te bel, feite op te gaar, te kyk, te leer, en transaksies te doen, ingespan deur diegene wat ons skade wil berokken, skryf ANTHONI VAN NIEUWKERK.

WAT is die waarheid agter die huidige oorlog in Oekraïne? Hoe weet jy? Wat is Rusland, die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (Navo), en die Europese Unie (EU) se doelwitte? Kan ons magsbeluste mans blameer vir oorlog?  Wie, presies?  So kan mens ook vra wat agter die ontstaan van Al-Kaïda of die Islamitiese Staat (IS of ISIS) lê. Steek daar waarheid in die storie dat Covid in Wuhan in 'n laboratorium ontwikkel is? Wie vind baat by die bloeddorstige geweld in Cabo Delgado of in die ooste van die Kongo? Hoekom is Rwandese soldate daar? Of Suid-Afrikaanse soldate?  Wie stook vreemdelingehaat in Europa, Afrika en hier by ons? Hoe op aarde het die Guptas die staat gekaap?

Die probleem met die ooraanbod van inligting is dat ons toenemend sukkel om dit te verwerk en sin te maak van wat ons sien en hoor. Hoe skei mens die kaf van die koring?

'n Groep maatskappye wat in kuberveiligheid spesialiseer, tesame met Europese diplomate*, het die afgelope week aan 'n gesprek deelgeneem  om hieroor te besin, – asook oor maniere om die “koring" op te gaar...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.