Gelukkige apokalips!

IS DIT DIE EINDE?

Gelukkige apokalips!

Terwyl die tweede pandemiejaar ten einde snel, nooi twee galgekomedies oor die eindtyd – een Amerikaans, een Brits – die kyker na ’n swelgparty sonder ’n uitsig op môre. Deur SCHALK SCHOOMBIE.

IN die Netfix-klug Don’t Look Up, wat kort voor Kersfees uitgereik word en pas vir Golden Globes benoem is, pyl ’n kolossale komeet (oftewel “planet killer”) op die aarde af. Totale uitwissing staar die mensdom in die gesig, maar blykbaar dink die meeste mense dis ’n enorme grap, ’n foefie, fopnuus, ’n gulde geleentheid vir selfpromosie en vaarwelpartytjies.

Die storie is losweg gegrond op ware gebeure. Leonardo DiCaprio, Jennifer Lawrence, Cate Blanchett en Meryl Streep is deel van ’n sterbesaaide rolverdeling wat die einde van alles met teatrale histerie enersyds en jolige onbesorgdheid andersyds vier.

DiCaprio en Lawrence speel twee “laevlak-astronome” wat ’n mediaveldtog onderneem om die mensdom te waarsku, maar hulle loop hulle telkens vas teen gehore wat min gepla is. Dis asof almal aandagafleibaar is en nie op die krisis kan konsentreer nie. Talle karakters, soos Meryl Streep se ligsinnige president Orlean en haar seun en personeelhoof (Jonah Hill) kan of wil die naderende onheil nie ernstig opneem nie. Mense weier letterlik en figuurlik om “op te kyk” (soos die titel sê) en is meer besorg oor politiekery en skindernuus op sosiale media en TV-kletsprogramme as hul ondergang...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.