Swart ekonomiese bemagtiging: Wérk dit, of het dit net nuwe...

SWART BEMAGTIGING

Swart ekonomiese bemagtiging: Wérk dit, of het dit net nuwe probleme gebring?

BEE (en toe B-BBEE): letters sinoniem met Suid-Afrika ná apartheid. Maar het dié model vir swart ekonomiese bemagtiging (SEB) ‘die wanbalanse van die verlede getakel, of nuwes geskep?’ vra ’n nuwe boek oor die onderwerp. ANNELIESE BURGESS probeer die vraag ontrafel.

OM Suid-Afrika se post-apartheidmodel vir swart ekonomiese bemagtiging (SEB, of in Engels: BEE) te verstaan is daar geen beter gevallestudie as Cyril Ramaphosa nie.

Toe Ramaphosa in 1996 uit die politiek bedank, betree hy die sakewêreld, waar hy munt slaan uit die geleenthede wat deur die destyds nuwe SEB-wetgewing daargestel is. In die daaropvolgende 19 jaar, totdat hy weer in 2015 terug is politiek toe, word hy ’n baie ryk man. In 2012 is Ramaphosa die 13de rykste persoon op die Sunday Times se Suid-Afrikaanse “Rich List”.

Sy maatskappy, Shanduka, het beleggings in Suid-Afrika, Mosambiek, Mauritius, Ghana en Nigerië en hou aandele in 29 maatskappye, waaronder Seacom, Standard Bank, MTN, Glencore, McDonald’s in Suid-Afrika (70%) en Coca-Cola in Suid-Afrika. In 2014 staan Shanduka se waarde op meer as R20 biljoen. Ramaphosa se familietrust besit 30% van dié aandele. Vir Ramaphosa het SEB uitstekend gewerk...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.