Geordin Hill-Lewis | ’n Dag in die lewe van Suid-Afrika se beste ...

IN BEHEER MAAR INFORMEEL

Geordin Hill-Lewis | ’n Dag in die lewe van Suid-Afrika se beste burgemeester

ANNELIESE BURGESS het 'n werkdag van 13 uur saam met Kaapstad se burgemeester deurgebring en is beïndruk deur sy etiek, kommunikasievaardighede en entoesiasme.

TEEN die tyd dat Geordin Hill-Lewis sy plek in die spelonk-agtige raadsaal inneem, het hy sy dogter by die skool afgelaai, deur die koerante op sy lessenaar geblaai (hy's mal oor “papier"), 'n mediavoorlegging van sy span aangehoor, 'n besoekende afvaardiging van internasionale burgemeesters ontvang, en voorgesit by 'n vergadering van sy burgemeesterskomitee.

Die komiteevergadering begin om 10:30. “Dis die vervelige goed," skerts James Styan, sy personeelhoof. Maar dit lyk of die burgemeester baie pret het terwyl hy deur die agenda werk. Voor hom − en voor almal in die saal − is daar pakke gebinde dokumente (waarvan die burgemeester volgens Styan reeds elke bladsy sou gelees het). 

“Cool!" sê die burgemeester...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.