DIT was ’n Kennedy- (Ich bin ein Berliner) en ’n Reagan- (Mr. Gorbachev, tear down this wall!) oomblik vir Joe Biden dié week: “Kyiv stands. Ukraine stands. Democracy stands. We will not tire.”
Biden was nie in Washington nie, hy was in die hoofstad van Oekraïne, reg langs die mees onwaarskynlike wêreldfiguur van ons tyd, die gewese komediant Volodymyr Zelensky, president van Oekraïne en simbool van dié nasie. ’n Nasie wat Rusland sê nie regtig bestaan nie, maar wat vasberade weerstand bied teen Russiese besetting.
Net 800 km daarvandaan het Vladimir Putin in Moskou in sy staatsrede voor die parlement en ’n falanks militêre offisiere verklaar dat dit die “totalitêre” Amerika en Navo was wat die oorlog begin het, dat Rusland net sy eie grense wil beveilig, dat Oekraïne geen afsonderlike bestaansreg het nie en met neo-Nazi’s besmet is – dat Zelensky self Joods is en met ’n goeie meerderheid verkies is, is blykbaar irrelevant...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.