‘Wind of Change’: Die voorspellings van ’n mol diep binne...

FSB-FLUITJIEBLASER

‘Wind of Change’: Die voorspellings van ’n mol diep binne Russiese staatsveiligheid

ANNELIESE BURGESS vertel die verhaal van ’n vermeende fluitjieblaser in die Russiese Federale Sekuriteitsdiens (FSB) en sy briewe aan ’n Russiese menseregte-aktivis. Die FSB-mol noem homself “Wind of Change” en sê onder meer dat Putin se ysere houvas op mag nie ’n uitgemaakte saak is nie, want daar is toenemend interne weerstand aan die opbou teen die oorlog – hoofsaaklik weens die hoë sterftesyfers onder Russiese soldate.

4 MAART 2022. Dit is net meer as ’n week ná Rusland se inval van Oekraïne. Vladimir Osechkin is by sy huis in Biarritz. Toe hy daardie oggend sy e-pos oopmaak, is daar ’n boodskap van die persoon wat homself Wind of Change noem in sy inboks. Dit is nie die eerste kontak met die “aktiewe analis” binne die Federale Sekuriteitsdiens (FSB), Rusland se staatsekuriteitsagentskap (die opvolger van die KGB), nie. Osechkin sê hy kommunikeer toe al ’n ruk lank met Wind of Change, maar die oggend se brief is pertinent tot die oorlog, want hy sê daar is misnoegdheid binne die Russiese intelligensiewêreld oor Putin se stotterende militêre inval van Oekraïne ...

Osechkin is ’n menseregte-aktivis wat politieke asiel in Frankryk gekry het nadat hy in 2015 ’n argief dokumente van bronne (onder meer uit die FSB) oor marteling en verkragting in Russiese tronke bekend gemaak het. Hy woon sedertdien daar onder streng polisiebewaking. Sy webwerf Gulagu.net (https://en.wikipedia.org/wiki/Gulagu.net) boekstaaf inligting oor “marteling, korrupsie, geweld en oorlog” in Rusland.

Osechkin probeer vasstel of sy “pen pal” wel in die FSB is. Christo Grozev (https://www.bellingcat.com/author/christo-grozev/) is ’n Russiese spesialis by Bellingcat, ’n groep hoogs gerespekteerde ondersoekende joernaliste...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.